Titel: Willem Pretorius, iewers, êrens
Skrywers: Verskeie, met ’n voorwoord deur Andries Bezuidenhout
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313083
Willem Pretorius is een van ons voorste skilders wat die Suid-Afrikaanse platteland vasvat met ’n soortgelyke patos as Walter Meyer. Sy skilderye is amper fotorealisties. Daar is ook ’n afstandelikheid, ’n gebrek aan kommentaar: Die landskap spreek vir sigself.
Die boek bevat kleurafdrukke van sy 50 jongste werke.
Elke skildery word begelei deur woorde van ’n bekende skrywer, musikant, digter of skilder. Dit is nie ’n beskrywing of tegniese ontleding van die skildery nie, eerder vrye assosiasie, ’n kort kortverhaal, ’n herinneringskets; elk is ongeveer 500 woorde.
Daar is onder meer bydraes deur Gert Vlok Nel, Deon Meyer, Marita van der Vyver, Angus Taylor, Johan Myburg, Toast Coetzer, Nathan Trantraal, Ronelda Kamfer, Deon Maas, Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Coenie de Villiers, Rian van Heerden, Cas Wepener en Lien Botha.
Andries Bezuidenhout het die voorwoord geskryf.

