Pasverskyn: Voetspore in Suid-Afrika 2 deur Johan Badenhorst

  • 1

Voetspore in Suid-Afrika 2
Johan Badenhorst

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313021

Suid-Afrika is groot genoeg vir ’n leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetspore-span weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef. Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die Suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge en tot aan die suidpunt van Suid-Afrika: Agulhas. Vrystaatse vlaktes, grootste Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op. Daar is ’n oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep …

Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:

  • Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
  • Akkommodasiebesonderhede
  • ’n Paklys
  • Afstande tussen dorpe
  • Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
  • Wetenswaardighede
  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top