Titel: Verhale van hoop, só help jy jou geliefde en jouself
Skrywer: Pieter van Zyl
ISBN: 9780639606002
Uitgewer: LAPA
Kintsugi is die Japannese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en kosbaarder as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrepe kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit.
Dit is die draad wat deur dié boek loop. In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging van ander en om insigte te deel.
In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid, tot sesmiljoen ly aan post-traumatiese stres. Agtduisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af.
Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits.
Lees hierdie boek vir advies. Daar is hoop.

