Titel: Van Humpata tot Upingtonia
Skrywer: Nicol Stassen
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485311959
Nicol Stassen is die voorste kenner op die Dorslandtrekkers en hul merkwaardige swerftogte aan die binneland van Suider-Afrika. In Van Humpata tot Upingtonia vertel hy op boeiende wyse hoe dit gebeur het dat ’n aantal trekkers in 1885 die republiek Upingtonia in die noorde van Damaraland gestig het. William Worthington Jordan, ’n bruin man en een van die merkwaardigste persone wat gedurende hierdie jare in Suider-Afrika geleef het, het ’n belangrike rol gespeel in die stigting hiervan. Sy tragiese dood en die ondergang van die vergete republiek Upingtonia word van naderby belig.

