Pasverskyn: Twee lewens deur Elise Bishop

  • 3

Titel: Twee lewens
Skrywer: Elise Bishop
Uitgewer: Hemel & See
ISBN: 9781998958870

Hoe weet ’n klein seuntjie van skaars drie jaar oud dat hy in die verkeerde liggaam gebore is?

Wat ervaar daardie seuntjie in die eerste twee dekades van sy lewe dat hy so oortuig raak van wie en wat hy moet wees, dat hy die lang pad van geslagshertoewysing aanpak sodat hy sy droombestaan kan voer in die liggaam waarvoor hy gebore is?

Min het Pierre van der Merwe daardie tyd geweet wat Elise van der Merwe alles in haar nuwe bestaan sal ontdek en ervaar.

’n Hartstogtelik eerlike en roerende verhaal wat ook baie sal beteken vir mense wat met hierdie dilemma gebore is.

  • 3

Kommentaar

  • Prof Aubrey Theron

    Ek was as kliniese sielkundige vir 14 jaar betrokke by die evalueering van transgender persone. Derhalwe kan ek sê dat Elise Bishop se boek 'n welkome bydrae tot kennis oor die onderwerp maak. Haar skryfstyl maak dit maklik vir die leser om te verstaan hoe sy haar genderdisforie ervaar het en wat dit geverg het om na geslagshertoewysing aan te pas in 'n wêreld waar min begrip vir en selfs verwerping van hierdie persone bestaan. Boeke wat deur ander transgender persone geskryf is, is dikwels oppervlakkig en ontbreek aan die diepte en volledigheid wat deur Elise weergegee word. Ek sou graag wou sien dat die boek vertaal word sodat 'n groter lesertal bereik kan word. Indien moontlik moet 'n Engelse weergawe op Kindle beskikbaar gestel word. Ten slotte my gelukwense aan die outeur vir haar bydrae tot die letterkunde en 'n veld wat nog braak lê vir ander skrywers.

  • Beslis in 'n lekker skryf styl geskryf. Elise gaan soveel mense bereik met Twee Lewens. Wel gedaan.

  • Die emosies wat hierdie boek weer eens by my wakker gemaak het, is hoe ongenadig kinders en volwassenes is teenoor ons medemense; mense wat eintlik uitroep vir aanvaarding.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top