Pasverskyn: Rekonstruksie deur Karel Schoeman

  • 0

Titel: Rekonstruksie, die naoorlogsjare in Suid-Afrika, 1902-1905
Skrywer: Karel Schoeman
ISBN: 9781485311966
Uitgewer: Protea Boekhuis

Die tweede deel van die reeks Imperiale Somer beskryf die einde van die Anglo-Boereoorlog en die beleid van rekonstruksie en verengelsing wat hierna onder lord Milner in die twee “nuwe kolonies”, Transvaal en die Oranjerivierkolonie (Oranje-Vrystaat), aangepak is.

Dié tydperk word deur Karel Schoeman beskou as die “hoogtepunt van die hele imperiale gedagte” wat uiteindelik met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sou eindig. Die klem val egter nie op die politieke besluite en ontwikkelinge nie, maar op persoonlikhede.

Talle anekdotes en klein kameebeskrywings maak van Rekonstruksie ’n besonder interessante leeservaring.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top