Pasverskyn: Moederstad: Die Kaap in die naoorlogsjare, 1902–1910 deur Karel Schoeman

  • 0

Moederstad: Die Kaap in die naoorlogsjare, 1902–1910
Karel Schoeman

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485313359

“Kaapstad was in hierdie tyd ’n vuil, arm en pretensieuse stad.” — Karel Schoeman

Die vyfde deel van die reeks Imperiale somer word hoofsaaklik aan Kaapstad gewy, met spesiale aandag aan die opkoms van ’n bruin kleinburgery en die ontwikkeling van ’n politieke bewussyn onder hulle, die ontstaan van ’n swart gemeenskap met die probleme wat dit ingehou het, Robbeneiland wat in daardie jare ’n herberg vir melaatses was, asook die passasierskepe waarvan Suid-Afrika afhanklik was vir sy kontak met Europa. As hawestad was prostitusie ’n groot probleem. Dobbellokale in Distrik 6, onwettige drank- en diamanthandel en korrupte lede van die polisiemag het bygedra tot onstabiliteit.

Daar word ook ’n oorsig van die Kaapse platteland (Paarl, Wellington, Swellendam, Oudtshoorn, Graaff-Reinet en Hanover) in die jare onmiddellik ná die Anglo-Boereoorlog gegee.

Soos met vorige dele van die reeks, kleur anekdotes en kameebeskrywings Schoeman se vertelling in.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top