Pasverskyn: Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog

  • 0

Mixtape van die liefde
Samesteller: Antjie Krog

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776353590

Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde: verliefdheid (’n rimpelvel hardloop); wat is die liefde? (my hart het in jou verdwaal); liefde in gesinsverband (wie is die stil kind?); liefde en pyn (ek volg net my hartseer); liefde en woede (ek haat en ek het lief); en liefde wat verder reik (o’s celebrate). Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans is verteenwoordig in die bundel – van ons ouer digters soos Totius, Boerneef, Eybers, Opperman en Van Wyk Louw, tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top