Pasverskyn: Legkaart deur Leon van Nierop

  • 0

Titel: Legkaart
Skrywer: Leon van Nierop

ISBN: 9780624097426
Uitgewer: Tafelberg

Meer as tien jaar gelede het ’n rebelse jong skrywer, Simca, spoorloos tussen die verlate mynskagte bo die Brulwaterval naby Barberton verdwyn. Nou word ’n groep bekroonde speurverhaalskrywers uitgenooi na ’n afgeleë skrywerslypskool naby die plek waar Simca verdwyn het. Weens kwaai storms word die groep van die buitewêreld afgesny. Dan word ’n lyk ontdek. En een van die skrywers is klaarblyklik bereid om herhaaldelik moord te pleeg ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top