Pasverskyn: Kunswoordeboek | Arts Dictionary geredigeer deur Alex Duffey en Susan Roets

  • 3

Titel: Kunswoordeboek | Arts Dictionary
Redakteurs: Alex Duffey & Susan Roets
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485300564

Daar het ’n behoefte ontstaan aan ’n moderne woordeboek vir die beeldende kunste.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het daarom ’n werkkomitee gestig, bestaande uit Alex Duffey (projekleier), Estelle Mare, Margaret Slabbert, Albert Werth, Mariëtta Alberts, Samuel Pauw, Eric Dünkelman, Niek Coetzee, Balthi du Plessis, Rina de Villiers, Dirkie Offringa, Esmé Kruger, Valerie Bester en Susan Roets om aan die projek te begin werk.

’n Verteenwoordigende groep vakspesialiste en deskundiges uit ’n verskeidenheid velde en subvelde is genader om termlyste by te dra.

Voorbeeld is:

  • estetika
  • argitektuur
  • kunsgeskiedenis, -metodologie, -onderrig en -praktyk
  • kunsweefwerk
  • keramiek
  • grafiese ontwerp
  • rekenaargrafika
  • televisiegrafika
  • animasie
  • industriële ontwerp
  • inligtingsontwerp
  • museumkunde
  • fotografie
  • drukwerk
  • litografie
  • fotografie
  • pottebakkerskuns.
  • 3

Kommentaar

  • Melvyn Minnaar

    Kom ons kyk of hulle anglisismes soos "retrospektief" ("oorsig") behoortlik die nekslag toedien. O ja, en "kontemporêr" ("eietyds")

  • Zuanda Badenhorst

    Dit is gaaf en verblydend, maar sou dit nie wonderlik wees as die Uitvoerende Kunste en Teatertegnologie bygevoeg kon word nie? Dit is broodnodig, veral as jy deesdae na RSG luister. Tensy dit reeds bestaan en ek nie bewus is daarvan nie?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top