Titel: Innie Shadows
Skrywer: Olivia M Coetzee
Uitgewer: Modjaji Books
ISBN: 9781928215929
Innie shadows wroeg met die duiwels van ’n gemeenskap wat gebuk gaan onder die maatskaplike euwels van dwelms, onverdraagsaamheid en homofobie, en waar paaie te midde van wrede brutaliteit kruis. Baanbrekersfiksie waarin die onteiendes uiteindelik hul eie stories vertel.


