Titel: Immigrant: ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers
Samesteller: Ena Jansen
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182034
Eybers se verse was jare laas in druk. Dié keuse, uitgesoek deur Ena Jansen, goeie vriendin van haar, wys op Eybers se veelsydigheid as digter. Die bloemlesing behels onder meer die bekende "Maria", "Busrit in die aand", verse oor haar kinders, die emigrasie na Nederland, tot haar latere, aangrypende gedigte oor ouer word. Goeie poësie is tydloos, en dit blyk duidelik met dié uitgawe van Eybers se bekendste werk.
Kommentaar
Ag dit was nou so goed om te lees wat Ena Jansen geskryf het oor Elizabeth Eybers. Ek kan nie dink dat ons taal ooit kan sterf nie. As ek lees hoe die digter sê "hoe sy voetjie vir voetjie" moet aanpas in 'n nuwe land, dan dink ek aan myself ook waar ek ook "voetjie vir voetjie" moet aanpas in 'n aftree-oord ... so 'n raak beskrywing. En ook waar Ena skryf dat die digter verlang na die "blondheid van die Hoëveldse winters", dan klink dit vir my as Gautenger so verskriklik mooi dat ek die woorde ook wil gebruik en die graspolle nou meer as ooit gaan waardeer. Dankie Ena vir hierdie pragtige skrywe en so 'n kosbaarheid sal ek ook graag wil koop.