Pasverskyn: Hou jou oë oop deur Brian Fredericks

  • 0

Hou jou oë oop
Brian Fredericks
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182744

Ricardo woon in Kewtown saam met sy ma, ouer broer, Anton, en sussie, Tracy, wat deurmekaar is met die gangster van die blokke, Capone. Maar voor Ricardo sy oë uitvee, is beide sy ma en broer oorlede, en eindig hy op in ’n wendyhuis agter op Capone se jaart. Hoe moet hy maak as hy nie eers vir sy girlfriend, Mentha, ’n bord warm kos kan aanbied of vir hulle ’n Sealy Posturepedic kan koop nie?

’n Meesleurende bildungsroman deur die bekroonde skrywer van As die Cape Flats kon praat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top