Geseënd is dié wat treur
Saamgestel deur Susan Jordaan
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796322838
Hoewel verlies en dood universeel is, hanteer elkeen dit anders. Christene se groot troos is dat God daar is in hierdie verlate tyd. In Geseënd is dié wat treur vertel geliefde skrywers soos Jeanette Ferreira, Marzanne Leroux-Van der Boon, Susan Coetzer, Ivor Swartz, Barend Vos en Stephan Joubert van hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Hierdie aangrypende verhale is neergepen deur skrywers, teoloë en gewone mense wat diep deur verlies geraak is.
Ons Christene se grootste troos bly egter dat daar lewe na die dood is: daar is ’n weersiens. Met God aan ons kant is ons nie alleen in ons verlies nie.