Druk speel: ’n Filmstudiegids vir die klaskamer
Leon van Nierop
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776355525
Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse films word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik.

