
Die man wattie kinnes vang, ’n grafiese roman deur Nathan Trantraal (Kwela, 2024)
Die man wattie kinnes vang
Nathan Trantraal
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795710995
In 2021 is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.

