Titel: Die binneland in
Skrywer: Dana Snyman
ISBN: 9780624094517
Uitgewer: Tafelberg
Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis land in, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof.


Kommentaar
Vir seker sal die boek lekker lees en nostalgies wees. 'n Moet vir my boekrak!