Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking
Joanita Erasmus-Alt en HP van Coller
Uitgewer: SunBonani Media
ISBN: 9781928424833
Watter faktore dra daartoe by dat ’n literêre werk suksesvol is en selfs as ’n blitsverkoper bestempel kan word? Is dit die literêre gehalte daarvan; die sogenaamde intrinsieke eienskappe soos komposisie, struktuur of meerduidigheid; kortom “the amount and diversity of material integrated” in die woorde van Wellek en Warren? Of kan sukses toegeskryf word aan suksesvolle bemarking; die skrywer se “postuur” en selfposisionering; én aan die wyse waarop die motiewe en tema van die boek aansluit by heersende diskoerse? In hierdie baanbrekerswerk val die klem op laasgenoemde, naamlik die sogenaamde ekstrinsieke aspekte. ’n Boek met waardevolle insigte vir veral uitgewers, bemarkers en letterkundiges.

