Ôs vroulike geloofleiers is nie ’n new age dingie

  • 4

Tasneem Daniels (Foto: Kaidisi Photography)

Dis nou Januarie 2020, en ek maak reg vir my meeting saam’t Rafiek Mammon, my director en mentor van my dramaproduksie Miela’s Box, wat by Suidoosterfees sal plaasvind op 1 Mei. Ek is soe heppie en trots om finally nie net ’n playwright te wies, maar ’n stem virrie Muslim-gemeenskap. Ek dink aanie play se hoofkarakter, Miela, en hoe attached sy is aan haar pa se legacy en sy streng religious persoonlikheid. Al hierie gesprekke oor roots en waar eintlink vandaan ôs kom laat my dink oor my mualimahs wat ek gehad’t wanner ek ’n kind was – Mualimah Naeema en Mualimah Mareldiah.

Ek’t altyd gedink dat Taliep Petersen my inspiration was vir theatre skryf, maar eintlik wassit Mualimah Naeema. Sy was omtrent ’n force gewies! Om vir haar te luiste was altyd interesting. Sy’t soe ’n manier van Islam gepraat wat soe convincing was, en soe believable. Elke Dinsdag innie madrassa het sy oor Tawhid gepraat, die eenheid van Allah, en ek’t altyd gedink – of eire baie sterk gevoel – hoe sy met liefde die Islamiese  spiritual authority command. Mualimah Naeema het beslis ’n baie groot rol gespeel in my childhood dae en hoe ek ’n sterk Islamiese foundation gevind het.

Dan’t sy oek die most amazing plays vir ôs oek geskryf’t! Wanner ek 12 jaar oud was, het ek ’n narrator gespeel in ’n play wat gaan oo ’n Muslim-man wat ’n alcoholic geword’t agter hy leer dat HIV positive is – ’n progressive theme nogals vir ’n play vir Slamse skoolkinders! Sy het oek ’n beeldskoon storie geskryf oor Nabi Sulaiman, sy vrou die Koningin van Skeba en sy ability om met diere te praat (ek’t oek ’n voël gespeel in daai ene!). ’n Perfect combination van godsdiensonderrig en playwriting!

Dan was daa oek Mualimah Mareldiah – my Mualimah van my sesjarige jare. Sy was soes ’n Islamiese musical conductor. Sy het vir ôs die mooiste Qaseedah’s geleer. My fywerit ene was “Allah Hujaaji”, ’n Qaseedah wat gaan oor mense wat op pad Makkah  toe is om hulle Hajj klaar te maak. Ek dink baie aan daai Qaseedah, especially noudat ek en my broe beplan om ôse Hajj klaar te maak.

Die 21ste eeu waarin ôs bly gie vir ôs die impression dat vroulike leiers – veral innie masiete, kerke en tempels – is ’n new age ding en iets wat die moderne mansmense vir vroumense ’n kans gie om te experience. Maa hirrie memories van my childhood is proof dat ôs Mualimahs en ôse ma’s was ôse ee’ste geloofleiers is ôse liewe. Van kleins af het ek en my ma saam gebid, en sy het vi my gelee hoe om salaah te maak en te lei – sy’t vi my eintlik prepare om imam te wies. Enige iemand wat my ma behoorlik ken, sal wiet dat sy altyd die Qur’an quote as sy met mense praat, en enige iemand wat my ma se ma behoorlik ken, wiet dat sy baie goed oek dua kan maak by familie functions. Ja, ôs ma’s, oumas en allie vroumense in ôse lineage was ôse eerste imams!  

As ek eerlik aan my lineage kyk, maak’t meer en meer sense vi my hoekom ek ’n staanvastige Muslim-vrou van kennis wil altyd gewies’t – want om nie soe te wies sal buite uit my lineage gewies’t. Al doen ek die werk van Allah as ’n playwright wat belangrike stories skryf waa ôs mense kan represent wôd, of as ek ’n Islamic Studies academic degree gehad’t – ek bly altyd in perfect alignment met die vroulike imams in my gesin.

Ek dink hierie new age gie net ’n opportunity vir vroulike geloofleiers om uit innie publiek te kom, want obviously die nuwe progressive age is ’n age waa mense die message van God beter kan hoor en receive deur vroulike leiers, nie net van mansmense nie. Maa een ding is versieke: Die new age het beslis nie aan vroulike geloofleiers gebore gegee nie, want ôs was die hele tyd hie gewies!

Daa is baie lived experiences van vroulike geloofleiers waa’mee ôs kan leer. Sameda van de Kaap, ’n slawe-Muslim wat innie colonial era gewoon’t, was, volgens Mosques of Bo-Kaap deur Achmat Davids, die founder van die Palm Tree Masiet in Langstraat, Kaapstad. Wanner haa man, die imam vannie masiet, doodgegaan’t, het sy die property inherit en intend om ’n masiet te wies vir slawe-Muslims. Sy en haa man het baie slawe gekoep en vi hulle ge-emancipate deur Islam te gebruik as ’n tool vir empowerment.

Daa is oek Malala Yousafzai, ’n Pakistani education aktivis vir jong meisies, wat ek baie glo is eintlik ’n imam. In ’n speech in waar sy honorary Canadian citizenship gekry’t, het sy teen die Taliban opgestaan en gesê dat iemand wat ’n mens doodmaak innie naam van geloof kan nie rêrag ’n eerlike persoon van daai geloof wiesie – ’n ware imam-stem!

Daa is baie anner voorbeelde van anner gelowe, soes Mother Teresa, ’n peace activist wat ’n 1979 Nobel Prize gewen’t vi haar humanitarian werk en om siek mense te bedien. Sy’t gesê: “I will never attend an anti-war rally; if you have a peace rally, invite me.” Sy’t ve’staan die ve’skil tussen “anti-war” en “peace” – ’n ware demonstrasie van spiritual leierskap!

Op Vrouedag 2018 hettie Artscape Theatre ’n Women & Humanities march georganise. Die march se proceedings was oopgemaak deur verskillende vroulike geloofleiers vannie Islamiese, Christelike, Boeddhiste-, Baháʼí- en Joodse geloof – ’n wonnerlike gesture wat deur Marlene le Roux, die CEO vannie Artscape Theatre, ge-initiate is – dankie Aunty Marlene!  

Of course is daa baie wonnelike mansmense wat die cause van vroulike geloofleiers support, en ôs moet oek vir hulle waa’deer. Maa dis belangrik dat ôs wiet die ve’skil tussen male feminist allies ennie feit dat feminism altyd in practice was gewies’t en onafhanklik gewies van enige mainstream system wat sê dat sy nie die wood kan preekie!    

Artscape Vrouedag 2018 mettie vroulike geloofleiers (Foto: Tasneem Daniels)

Woordeskat

Madrassa –  Arabies vir “skool” of “Slamse skool”; ’n skool waar Muslim-mense oor hulle geloof gaan leer  

Mualimah – Arabies vir “onderwyseres”

Nabi Sulaimaan – “Nabi” is Arabies vir “profeet”; “Sulaimaan” is “Salomo”

Qaseedah – Islamiese liedjies

Makkah – Arabies vir Mekka, die hoofstad van Saudia-Arabië, die plek vannie oorsprong van Islam

Hajj – Islamiese pelgrimstog in Mekka

Imam – Islamiese pastoor

Salaah – Islamiese gebede wat Muslims vyf keer per dag uitvoer

Qur’an – Islamiese heilige skrif

Dua – ’n klein gebed wat Muslims maak met hul hande oop en saam gehou

Allah – Arabies vir “God”

Masiet – ’n plek van aanbidding vir Muslims

  • 4

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Moeder Teresa is geen held nie. Alles behalwe. Sy is eintlik 'n tragiese figuur. Self 'n slagoffer van die kerk se valse indoktrinasie. 'n Reaksionere figuur wat voorbehoedmiddels teegestaan het net soos haar kerk haar geleer het.

    Dit is tragies om te sien hoe vroue bly vasklou aan godsdienstige tradisies wat hulle onderdruk. Alle godsdienste waarvan ek weet is patriargaal. In die Christelike godsdiens is die voorbeelde legio. Van Maria Magdalena wat vir eeue valslik as 'n hoer voorgehou was, tot Eva, wat kwansuis 'sonde' in die wereld ingebring het. Die Bybel stel dit pertinent dat vroue onderdanig aan mans moet wees.

    Hoe versoen mens die feminisme in Suid-Afrika aan die een kant met die vasklou aan godsdiens aan die ander kant? Uiters verwarrend as jy my vra.

  • Tasneem Daniels

    Hi Barend
    Dankie vir jou comment. Darem nie tragies, ek dinkie soe nie. As ’n vrou kan ek dink dat she was always up against a lot, especially innie era waarin sy gewoon’t. Om net te probeer om ’n religious leader te wies as djy ’n vrou van daai tyd is, was heroic. Om jou laaste vraag te beantwoord: Hoe versoen mens die feminisme in Suid-Afrika? Om te sê dat aal religions net patriarchal is imply dat religion kan net aan ’n man behoort, dat God ’n man is. Ek daag dit baie uit! God is geslaglose. En patriarchy is ’n political system of control van vroue. ’n Entirely different ding vannie actually message van God en geloof: unconditional love en met daai liefde te woon innie liewe. So ek ve’staan jou pein. Ek het ’n lang pad geloep tot my eie reconciliation. Ek glo dit is possible vir aal vroue. Ek stuur liefde vir jou journey vorentoe.

  • Hi Tasneem.
    Shukran, dis vir my 'n besondere eer on 'n rol in jou lewe kon gespeel het. Jy is 'n baie lieflike persoon. Mag Allah vir jou die pad vorentoe vol sukses strooi en mag jy nuwe hoogtes bereik. Life long learning is deel van ons geloof. Hou aan om te leer en lewens te tas. Eks trots op jou achievements.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top