Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse – en ook Smit Motors

  • 0

Réney Warringon (foto verskaf)

Gesien op Facebook:

Ten spyte van ’n manuskrip-deadline wat ek in die oë staar, woon ek gisteraand Herman Lategan se boekbekendstelling by. Hy is so min in Joburg. (Na dese kan ek sê, moet nooit enige Herman Lategan-praatjie misloop nie. Soos my oumagrootjie altyd vir my ma gesê het: "Baby, jy hoort op die stage!")

Kort voor lank stap Jean Meiring in, skaars 3 ure nadat hy uit Indië uit geland het. Hy wens my geluk met my nuwe boek. My eerste reaksie is: "Ek weet nie waarvan jy praat nie! Dit was nie ek nie. Ek is onskuldig!"
Gelukkig sê ek dit nie hardop nie. Ek vra wel: "Hoe weet jy?"
"Ek het daarvan gelees op Netwerk24," is sy antwoord.

Goed, so die kat is uit die sak. In Mei publiseer ek my tweede roman, Smit Motors. Dit is te danke aan Johan Jack Smith en Izak de Vries wat gedink het ander mense behoort te lees wat ek in my studeerkamer opkook. (Izak de Vries was natuurlik verantwoordelik vir die publiseer van my eerste roman, Oktober.)

Die uitgewer is Wênkbrou, ʼn nuwe imprint van LAPA.

Berei julleself voor vir baie #smitmotors2019 promosie.

Hier gat ons.

NS: dankie aan Hannelie Coetzee wat altyd bereid is om geïgnoreer te word as ek skryf.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top