Vier digters in verskillende fases van hul literêre loopbane, saam drie debuutbundels, ’n tweede bundel van een digter op pad, en een tema op almal se lippe: die angs en ekstase van ’n eerste digbundel.
Rustum Kozain, Jasper van Zyl, Andries Samuel en Bibi Slippers het met die gehoor gepraat oor die spesifieke angs wat hulle ervaar het met die publikasie van hul eerste bundels, of (in die geval van Slippers) die angs in die proses van skryf aan die eerste bundel. Kozain, wie se eerste bundel baie positief ontvang is, kon uitwei oor die angs van die opvolg van ’n eerste bundel met ’n tweede.
Die digters het ook uit hul werk voorgelees.
![]() |
|
Rustum Kozain |
![]() |
|
Jasper van Zyl |
|
|
|
Andries Samuel |
|
|
|
Bibi Slippers |





