Oor komplekse lewe uit ’n enkel selletjie ... of uit ’n komplekse ribbebeen

  • 11

Al aspek van evolusie-a-la-Darwin wat "onomstootlik" (in die darwiniste se eie oë) bly, is die valse aansprake en aannames en die onbewysbare teorieë en hipotese wat van darwinisme die foefie maak wat dit, is, want hulle word kunsmatig aan die lewe gehou. Dus, ongeag bewyse tot die teendeel, word dié teorieë steeds gepropageer word as "onomstootlike" en "onbetwisbare" waarhede.

Die biologie, sans die onbewysbare darwinistiese evolusie teorieë, verklaar soogdiere en die darwinistiese teorieë doen die empiriese biologie skade aan. Die Woord (in die Bybel) poog niks meer te verklaar nie, as dat God die biologiese proses beplan en via die skeppingsproses in werking gestel het en onderhou. Die bedoeling is nou dat die biologie, as Goddelike handewerk, vir sigself sal spreek (Romeine 1:19-20) – sónder die darwinistiese leuens daarby, natuurlik – asook van die onbegrensde wonderlikheid van God se skeppingsvermoë. En dit doen die natuurwetenskappe, gestroop van die tipiese darwinistiese foefies, wel deeglik.

Tog glo die agnostici die fabelagtige foefies van die darwinisme, maar hulle verseg om die Woord rakende die skepping, te glo. Daar is antieke, eersteklas rekord en getuienis van die Goddelike skepping, soos in die geskrewe Woord in die Bybel opgeteken, rekord, deur die Skepper Self ingegee, maar steeds sal die agnostikus dit nie glo nie, want hy wil nie die Skepper se bestaan, aanvaar, nie. Verbysterend, hoe dié mense funksioneer. Hulle sal na ’n  kunswerk kyk en dan, tereg, aanvaar dat die kunstenaar wie se naam onderaan die kunswerk staan, dit gedoen het. Nie vir ’n oomblik twyfel hul dááraan, nie, hoewel hulle nie die vaagste benul het wie of wat die kunstenaar is, nie en hom ook in hul lewens nog nooit ontmoet het, nie en dalk ook nooit sal ontmoet nie. Want sien, die kunstenaar se handewerk getuig onbetwisbaar, onomstootlik, van sy bestaan. Jy sal nie vind dat die outjies nou allerhande snert gaan probeer saamflans van hoe die pragtige kunswerk toevallig deur ’n proses van kuns-evolusie ontstaan het nie – hulle weet hulle sal uitgelag, word.

Maar wanneer dit by die natuurlike skepping kom, dán is hulle tot sulke stuitigheid in staat. Skielik, dán, spreek die Handewerk van die Skepper daarvan (Romeine 1:20-21) nie van SY bestaan, nie?!

Is dit nie absoluut dwaas nie? Maar, soos dit dan nou ook is, aanvaar by verreweg die meeste mense op aarde vir solank die geskiedenis van die mensdom bekend is en vandag nog, dat die Handwerk die onbetwisbare getuienis van die bestaan van die Skepper daarvan is – uiters logies – en is dit maar net ’n geringe ou paartjies op aarde wat dié feit net nie kan verwerk nie, hoofsaaklik omdat hulle nie wil nie … die ateïste.

Angus en ander soos hy, byvoorbeeld, glo die darwinistiese foefie. Hulle sweer daarby, onder meer dat alle lewe toevallig en onwillekeurig ontstaan het uit ’n partikel of selletjie iewers in die verskiet, hoewel hulle selfs so iets nog nooit sien gebeur het nie (en ook nie sou kon of sal, nie, want dit is ’n versinsel). Die kunswerk in my voorbeeld hierbo, kan hul darem nog aanskou en daarom is dit maklik om te aanvaar die kunstenaar bestaan, maar dié darwinistiese foefie, nes die ander foefies van die darwinisme,  is nêrens te aanskou nie – tog glo hulle dit!

Vandaar dat dit nou al wyer aanvaar word, dat die darwinisme niks meer as ’n tipe verwronge religie en sekulêre, naturalistiese religieuse filosofie is, nie.

En tog, die einste fopbare (deur Darwin gefop) Angusse beweer dat hy/hulle nie kan glo in Eva se Goddelike skepping uit die ribbebeen van Adam nie, onder meer omdat God haar kwansuis nie  in ’n "ommesientjie" kon skape, nie. Nou wonder mens, waar in die Woord staan dat die ribbebeen skepping van Eva – soos hy beweer – in ’n ‘ommesientjie’ gebeur het? Hoe lank is dié ommesientjie? Dit is natuurlik weer swak begrip weens vooroordeel. Trouens, ons weet glad nie hoe lank dit geneem het vir Eva om te ontwikkel nie. Hoe lank hét dit geneem? Een uur, een dag, een maand, een jaar, tien jaar?

Die Woord vermeld dat dit die manier is hoe God vir die vrou, Eva, geskape het – deur Adam te onderwerp aan geïnduseerde maar natuurlike "narkose" (die diepe slaap) tydens die operasie en geïnduseerde semi-koma (steeds die diepe slaap) tydens die herstelperiode, waartydens God die ribbebeen uit Adam geneem het deur gebruikmaking van die volledige en perfekte menslike DNS van Adam en deur die proses van die opbou van die ribbebeen se been- en kraakbeen materiaal, bindweefsel en beenmurg (wat juis nié op ’n "ommesientjie" proses dui, nie) vir Eva daaruit geskape het en toe, op ’n stadium, nadat Adam herstel het en die proses voltooi was, die vrou Eva, vir Adam, die man, gebring, het. Dus, die proses het elders plaasgevind en die vou, Eva, is daarna na Adam toe gebring deur God.

Dit was waarskynlik ’n pynlike proses – verwydering van die ribbebeen het ’n wond gelaat wat met vlees bedek is – dink maar aan vandag se rekonstruktiewe plastiese chirurgie – en wat moes genees (waarvoor die geïnduseerde diepe slaap nodig was). Maar die Woord swyg verder oor die besondere detail daaroor en mense soos Angus is nie bekwaam om vir die Woord, ast’ware woorde in die mond te lê nie (Genesis 2:21-23).

Genesis 1:27 maak duidelik dat God, soos in die geval van die plant en dier skepsels, die mens geskape het (contra geëvolueer) asook in welke hoedanigheid God die mens, anders as die ander skepsels, geskape het – na SY Beeld – terwyl Genesis 2:21-23 meer oor die spesifieke proses sê en ook vermelding maak van die beplande rede vir die skape van die tweede mens, Eva. Genesis 1:27 en 2:21-23 is dus volkome komplementerend en behandel en beklemtoon elk ’n ander aspek van dieselfde menslike skepping.

Behalwe die relevansie van die fisiologiese aspekte, is daar ook die Spirituele relevansie waarom God juis die ribbebeen gebruik het en juis van Adam en nié van enige dier nie. Daarmee het God die simboliek van eenheid van man en sy vrou in die huwelik voltrek (Genesis 2:24), én as Godgeseënde kroonskepping van God, ’n super perfekte genepoel geskep vir verdere menslike genetika in die menslike nageslag. Nog ’n rede waarom die beweerde evolusie van die mens, gewoon insigloos en onhoudbaar is.

Die mens is geskape as kroon van die aardse skepping, maar met ’n beperkte leeftyd – dit is logies. Weens prokreasie sal die aardbol uit sy nate bars as daar nie een of ander tyd ’n einde aan die fisiese bestaan van mense (asook ander lewe) kom nie. Dus, fisiologiese lewe van individue op aarde is nie ontwerp om vir ewig te bly voortbestaan nie. As mense soos Angus se darwinistiese foefies werklik gewerk het soos dit beweer word kwansuis te werk, sou dit in al die kamstige miljoene, ja, selfs biljoene, jare al ’n manier "gevind" het om, kwansuis so oorlewingsgedrewe, ’n manier te vind om prokreasie te vervang óf om die ingeboude mutasie wat veroudering en uiteindelik die fisiologiese afsterwe veroorsaak, uit te skakel. Maar niks van die aard nie! Want God het die beplanning gedoen en nie die darwinistiese foefies nie. Mense, byvoorbeeld, beweeg ná die fisiologiese afsterwe, voort na die spirituele dimensie. Daarom is die mens só geskape – juis in sy hoogs tydelike fisiologiese formaat.

Dus, Angus se snedige aanmerkings oor die Goddelike skepping is uiters kortsigtig en verregaande. Dit wil voorkom dat, as hý in beheer van die proses was, hy nie sou weet om dié kontroles in te bou nie – met hóm in beheer sou mense en ander lewe sou mekaar dus binne ’n ommesientjie verdring en mekaar vernietig vir ’n staanplekke op die aardbol. Mense wat soos Angus redeneer, het werklik nie insig nie. Daarom sê ek eerder vir hulle – skoenmaker, hou jou by jou lees.

Ek steun op die oorspronklike bron, die geskrewe Woord, van die Skepper Wie as Skepper oor Sy Eie skepping getuig en dié is al meer as 3,500 jaar gelde opgeteken – beter nog, ek en baie ander, ken die Skepper want ons het ’n persoonlike Spirituele verhouding met hom.

Maar, mense soos Angus sit met ’n spul onbewysbare teorieë en bespiegelings en aannames saamgeflans in ’n naturalistiese filosofie wat hulle ‘evolusie’ noem … in die laaste paar honderd jaar saamgeflans en aangehang deur mense net so insigloos en onderhewig aan dieselfde spirituele gebreke en beperkinge as Angus, self. Wat kan mens dan van hulle verwag? Niks meer as die uiters gebrekkige, fabelagtige en onhoudbare darwinistiese tipe evolusieleer, nie.

Kobus de Klerk.

  • 11

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Beteken dit dan dat die Ribbebeen "lewe" gegee word deur die spannetjie wat bestaan uit die Vader as lemswaaier, die Seun wat goeters aangee, die Heilige Gees wat sorg vir die nodige pynverligting of narkose en ’n menigte van Engele wat panne, lakens, ens. aandra? Soos ’n wafferse Frankenstein maak God gebruik van Kobus se verbeelding om ons te vermaak.

  • Beste Kobus,

     
    Jy vergeet die lewe van elke mens het met 'n enkel selletjie begin. Nie blitssnel hokus pokus met die swaai van 'n ribbebeen nie.
  • Chris

     
    Dankie vir 'n lekker lag so voor die naweek. As daar nou al ooit duidelike bewys was dat God 'n menslike skepping is dan is dit onse Kosie se skrywes. Moet sê dit gee nuwe betekenis aan die begrip "God die groot geneesheer".
     
    Ek hoop die Bokke kan ook so lag-lag met die All Blacks klaarspeel soos wat ek my naweek ingaan.
     
    Groenis
    Thomas
  • Kobus de Klerk

    Die tyd en dag sal kom dat jy gekonfronteer word met jou sinnelose arrogansie en verwaandheid, Chris - dit is onvermydelik.

    Ons het juis nou met Angus gesels oor die soort van onvolwasse snert van julle kant, af - en tot die gevolgtrekking gekom dat meeste van julle net eenvoudig nie by daardie onvolwassenheid kan verbykom, nie.

    Al wat van belang is vir jou, is dat God op SY manier wel lewe gegee aan 'n mens, deur gebruik van die rib van 'n ander mens - in teenstelling met die darwinistiese foefiegot wat op fabelagtige manier uit 'n enkel selletjie 'n ganse lewende biosfeer tot stand gebring, het... en aan welke foefiegot jy jou siel verkwansel  het, soveel so dat jy nie eens meer besef jy het 'n siel, nie.

    Kenmerkend hoe 'n gesprek in die dieptes van waansinnige onsinnigheid tuimel wanneer (meeste van) julle tot 'n gesprek, toetree.

    Feit is, dit ontstel jou en ander soos jy, dat daar perfekte logiese verklarings vir die Woord is, want dit pas julle leuens omtrent die Woord, glad nie - en dan manifesteer jy so lasterlik en vieslik soos hierbo. Niks wat julle kwytraak, kan dit egter diskrediteer of verander, nie.

    Nog iets - ons let op dat jy graag my 'vermaak' lees. Dit is goed - jy sal straks iets wys word. Hou gerus vol daarmee.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Christen vriende

    Adam, God se moddermannetjie, en Eva, God se ribbevroutjie! Hoe belaglik dat 'n volkome wese wat geen behoeftes het, behalwe sy eie wese, homself sal wil vermaak soos 'n verveelde kleuter met dit wat onvolmaak is.

    Dit is so duidelik mitologiese materiaal uit 'n tydperk voor die idees van wat ons algemeen verstaan as monoteïsme ontwikkel, dat jy net kan dink dat iemand wat dit letterlik interpreteer onvolwasse en idioties moet wees nie.

    'n Simboliese interpretasie van die skepping, en dan spesifiek die oorsprong van sonde, veroorsaak probleme wanneer die letterlike kruisiging van Jesus geregverdig moet word, maar dit is net nog een van die honderde probleempies in die Bybel waarmee Christene moet leef. Ignoreer dit as jy moet, maar moenie soos 'n Kobus de Klerk jou naam gatmaak met "perfekte logiese verklarings vir die Woord" nie. Jy doen jou geloof geen guns nie.

  • CorneliusHenn

    Gesplete: "Ons [Kobus de Klerk] het juis nou met Angus gesels oor die soort van onvolwasse snert van julle kant, af - en tot die gevolgtrekking gekom... [blablabla], nie." Siestog, Kobus de Klerk is onweerlegbaar op sigself in 'n ongeneeslike eieliefde veels te groot vir een geknel...

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Jy is een van die venynigste en uitgesproke ateïste wat op hierdie forum skrywe – om dit nou baie sagkens te stel. Jy het dus sekerlik nie Christen ‘vriende’, nie – dié wat jou as ‘vriend’ beskou, doen dit ten koste van die God in Wie hulle hul geloof sou moes bely en sou dus net ’n vriendskap met jou slegs kon handhaaf as hulle hul God daarin verloën – en is dan uiteraard nié Christene, nie.

    Daar is géén rede om die skeppingsverhaal in Genesis 1 en 2 as simboliek vir iets anders te hanteer, nie – dit is in essensie feitelike stellings wat daar te vinde, is. Net soos die gebeure soos beskrywe rondom geboorte, kruisiging en opstanding van die HERE Jesus Christus – daar is absoluut géén rede om dit as simboliek te wil sien, nie – verál nie die menslike gebrek aan kennis en insig, nie.

    Maar, hierin is eintlik die kruks van die saak geleë – Niemand kan hulle uiteraard aan jou opinie steur, nie, want jy is, na alles, ’n ateïs en jy is dít juis omdat jy daar niks van kán begryp, nie. Dan is jy uiteraard bevooroordeeld en kwaadwillig, maar ook obsessief teenoor God, SY Woord en die ware gelowiges. Dit is derhalwe sekerlik net dwase wat hulle aan jou sou steur.

    Waarom doen jy selfs nog die moeite om te skrywe?

    Eintlik is die antwoord reeds bekend. Ek het jou al leer ken – as jou hokkie behoorlik geskud word deur wat ek sê omdat jou persoonlike gemaksone as ateis behoorlik geskud word, trek jy op jou kenmerkende venynige, beledigende en niksseggende manier los, net om maar weer na ’n tyd, soms ’n lang tyd, afhangende van jou hokkie se skerwe wat rondlê, die aftog te blaas. Jy is, na alles, een van daardie ateïste wat uit obsessie oor God teologie geswot het net om agterna niks daarmee te verrig, nie.

    Mens wonder altyd waarom julle só baie tyd sou spandeer aan iets wat julle sê, nie bestaan nie en sommer versinsels, is. Maar daarvoor is die antwoord ook al gegee – daardie innerlike wete van God se bestaan en die verbete pogings om dié wete ten alle koste te onderdruk tot op die punt dat (die kwansuis, volgens júlle, ‘nie-bestaande’, let wel) God en SY Woord vir julle ’n obsessie word.

    Daar is natuurlik geen sin in so ’n gesprek, nie. Maar let maar op, dit is oorwegend die trant en inhoud van julle gesprekke.

    Kobus de Klerk

  • Kobus,

    Baie dankie vir jou skrywe hierbo. Maar ek is bevrees die “apie-sindroom” manne verstaan dit eenvoudig nie. Selfs hul leier, ou Angus, gee maar ’n powere “one liner” opmerking as poging om jou baie sinvolle en betekenisvolle skrywes teë te werk. Chris weer, bons van al die mure af soos ’n wafferse rubberbal, rond en bont en sê – net soos ongelowige Thomas (en dikwels Angus self) – Absoluut Niks!

    Chris,

    Jy weet, met jou soort van redenasie, is daar geen salf aan te smeer nie. Dit blyk duidelik uit jou skrywes dat jy baie én dringend, hulp nodig het.  Jy sien, jy is die een met die “honderde probleempies” wat jy ook dan probeer verberg met jou insigloosheid op hierdie forum, tot jou eie selfregverdiging! Jy lewe in “self-denial” én dan het jy nogal die vermetelheid om te skryf aan “Christen vriende”!? Jy belaster God en Sy Woord en dan probeer jy tersefdertyd vir die “Christen vriende” te vertel hoe hulle hul geloof moet uitleef en/of verbaliseer.  Jy verstaan hoegenaamd NIKS van ware christen geloof nie - jou absolute arrogante dwaas! Ek stem saam met Kobus – jy sál eendag verantwoording doen vir jou sotheid – dit ís onvermydelik!

    Thomas,

    Ai,ai ou ongelowige Thomas. Dit is duidelik dat jy eintlik nie regtig Kobus se skrywes verstaan nie – dié dat jy sulke niksseggende stellings maak. Jy is “lag-lag” op pad na nêrens! Skrik wakker – dit is júis die evolusie fabel wat mensgemaak is – maar dan verwag ek nie van jou om dit raak te sien nie.

    Angus,

    Ek verwag bietjie meer insig van jou kant af, Angus – lees gerus weer Kobus se skrywe – want jy mis alweer die punt. As jy in die toekoms sinvol en op volwasse vlak oor die onderwerp van die evolusie fabel en Ware christen geloof wil redeneer – hou asseblief op om God en Sy Woord te belaster (veral in van jou vorige skrywes) – jy weet nie met Wie jy spot nie! Jy sien my as ’n gelowige en ek sien jou as ’n verlorene. Soos ek voorheen dit aan jou gestel het: ek (en Kobus) het God se gawe van geloof aangeneem, jy het verkies om dit te verwerp ten aansien van die mensgemaakte evolusie fabel. Ek is nie hier om jou sleg te sê nie. Nee-nee, ek is hier om jou (en ander soos jy) bewus te probeer maak van jul doellose bestaan en jul uiters beperkte en wêreldse insig van sake God – die Waarheid!

    Cornelius,

    Ek waarsku jou teen die varke, maar jy bly in die semels rondrol! Ek begryp nie hoe jy kan bystaan en lees hoe jou Skepper God en Sy Woord belaster word – maar jy verkies om hand-om-die-blaas te staan saam met die lasteraars, eerder as om vir jou geloof op te staan! Maar dan weer, is jy seker huidiglik in die “Boedha-mode” of “Hindoe-mode”en daarvandaan jou traak-my-nie-agtige houding!

    Sterkte

    Dolf

  • Chris Dippenaar

    Kosie, soos gewoonlik ’n lang reaksie sonder inhoud.

    Miskien is dit tyd dat jy weer Genesis 1 & 2 deurlees om te besef hoe verwyder jou idees is van die teks. Dit lyk regtig of jy jou eie kommentaar op hierdie gedeelte gelyk stel aan dit wat eintlik daar staan. Let mooi daarop dat God in Gen. 1 die hocus pocus tipe is wat man en vrou saam skep, heeltemal anders as die ou in Gen. 2 wat sy hande vuil maak met tuinwerk, modderkoekies bak en speel met menslike liggaamsdele.

    Jy is heeltemal reg oor my obsessie met die Bybel. Daar is die grappie dat as daar vir ’n groep mense gevra word wie die Bybel al gelees het, dat die wat hulle hande opsteek ateïste is. ’n Eerlike lees van hierdie boek in die historiese konteks waarin dit opgeskryf is genees vinnig enige geloof in superweses.

    Dolfie, ek sal maar geduldig sit en wag vir ’n intelligente opmerking van jou voordat ek reageer.

  • CorneliusHenn

    "Dolf", wat laat jou dink ons almal se Almagtige Lewende Skepper het julle gesiglose oorlogshonde as lyfwagte nodig?  

    Besef liefs ek is ’n sieldaat in diens saam met my Hindoe, Moslem, Joodse en katolieke naastes.  

    Ek is op geen manier ’n medesoldaat op tog saam in jul gewraakte anderhaat kruistog nie.  

    Sien hoe lyk Thomas en Chris wat jy so verwaand ineen met jou infernale hoëpriester beledig.    

    Nie een van julle "ware gelowiges" is behoorlik sigbaar nie. Nie eens jou hoëpriester die ou grote Kobus de Klerk se profiel is duidelik nie.  

    Maar dis hoe julle huiskerkbende nog altyd en al die jare op die werf bedryf het; die verleentheid van jul "ware geloof" is te groot vir jul egotistiese aansien in die wêreld.  

    Hoe anders?  

    Kom wys jou bakkies in nederige diens aan die "ware godsdiens" wat jy kwansuis uitdra as jy kan.   

    Kobus de Klerk kan op geen manier bekostig om herken te word in die openbaar nie. Dink net hoe sleg sy vele gedaantes langs hospitaalbeddens in die slag sal bly as iemand hom hier as Dolf of Henry herken.

    Mag Jesus Christus onse Ewige Vader ons van julle valse ware geloofstryd verlos.

    Cornelius

  • Chrissie,

     

    Jou ou "troetelnaampie-geërtjie". Jy bedoel nou seker as teenvoeter vir jou "intelligente" redenasies!? Haha – komende van jou is dit tog so kostelik! Jy bevestig net eintlik my vermoede van jou "honderde probleempies" waarmee jy sukkel. Maar dan kan jy seker nie help dat jy die Bybel lees en lees en nog nie verstaan nie – hoe "intelligent" van jou (asseblief moet ons tog net nie inlig oor jou teologie studies nie – dit laat geen indruk nie). Nog enetjie wat daarop roem dat hy die Bybel "ken" maar geen benul het (uit sy eie "intelligente" skrywes) van wat ware geloof is nie – hoe jammerlik en pateties.

     

    Toemaar moenie bekommer nie – geen reaksie word verlang nie – ek weet sommer jou "intelligensie" gaan so rukkie neem om my skrywes te verstaan. Jy weet, tipies net soos die "aap" familietjie.

     

    Cornelius,

     

    En wie het aan jou meegedeel dat ek en Kobus as lyfwagte optree? Ons staan slegs op vir die enigste ware geloof en evangelie en pas nie net vinnig aan by elke "godsdiens" en ongelowige om die "people pleaser" te wees nie. God is almagtig en ons ALMAL SAL eendag die knie voor Hom buig – of jy nou dit nou wil glo of nie! – Hy beskerm ons, nie andersom nie!

     

    Wie het aan jou meegedeel dat ek in ’n "huiskerk" is? Kobus bly in die Kaap en ek in Gauteng. Ons is net eenvoudig broers IN Chistus – ek ken hom glad nie persoonlik nie, ons weet net wat ware geloof is – ons het God se gawe van ware geloof aangeneem!! Maar ons huigel nie soos jy nie! Jy laat my dink aan ’n tipiese Fariseër. Jy sien, jy dink as jy op die hoeke van die strate staan – waar jy "gesien" word – en almal vertel van hoe 'liefdevol" jy is en hoe jy kan aanpas by enige godsdiens "uit liefde" natuurlik met jou "vergiffenis" - jy mense beindruk met jou sogenaamde (valse) geloof!?

     

    Nee wat, ou Cornelius, probeer weer – jy oortuig glad nie – jy bevestig net jou dwaalweë na nêrens! Ek waarsku jou WEER – pasop vir die varke, Cornelius!

     

    Terloops, ek sien jy vergewe ons (ek en Kobus) nie meer nie – maar soek verlossing!? Jy moet eers jou valshede besef, ou Cornelius, voordat jy om verlossing daarvoor kan vra!

     

    OK, weg is jy – jy kan nou weer verder gaan heuning smeer om jou ateïs-pêlle se monde!

     

    Sterkte

     

    Dolf

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top