Ontmoeting met Aphrodite

  • 1

Was ek maar ’n skildwag
met wonde van dapperheid
kon ek jou die stories vertel
van elke snywond, swaard en skild
en rooibloed wat afsypel in die grond

Was ek maar ’n seevaarder
sou ek oor al die oseane swelk
en as die sirenes balk
met witdood en wind,
kon hul my vaart nooit stuit

Was ek maar ’n skilder
onder jou appelboom
het my kwas jou lof beloon
en my hart,
gebloei oor die witdoek

Maar nou is ek máár ’n digter
agter die spie,
en jou groenjuweel oё
vasgepen in my gedagtes –
ly ek in droom.

Lees ook

Uit die donkerkamer

Die huiskom van ’n siel

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top