Onsigbaar

  • 0

Vir Stemme, LitNet se dialoogprojek saam met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV, is tien dramaturge genader om kort dialoë te skryf. Twintig akteurs is gevra om daarin te speel en tien regisseurs het elkeen ’n stuk afgerond.

In Bettina Wyngaard se dialoog Onsigbaar vertolk Robert Hindley en Miché van Wyk die rolle. Nicole Holm was in die regisseurstoel.

Onsigbaar

Bettina Wyngaard

Karakterskets:

Twee persone, ouderdom en ras grootliks irrelevant. Dis geskryf asof dit ’nman en ’nvrou is, maar kan ewe maklik twee mans ook wees. Of twee vroue, met een enkele aanpassing.

Sy: Wat maak jy hier?

Hy: My WhatsApps en oproepe gaan nie deur nie, wat het jy gedink gaan ek doen?

Sy: Weet nie, ’nhint vang miskien?

Hy: Wat’s fout, baby? Gister was, jissie, dit was magical. Ons het so ’nlekker tyd gehad.

Sy: Jy bedoel, jy’t ’nlekker tyd gehad.

Hy: Jy ook. Ek weet mos wanneer jy dit like.

Sy: O jy weet? Rêrig?

Hy: Hoekom is jy altyd moody na ons gespeel het?

Sy: So mooi. So bleddie oblivious.

Hy: Huh?

Sy: Moet ek dit uitspel? Okay, if you insist. Jy’t ’nlekker tyd gehad, ’nblerrie lekker tyd as jou gesteun en gehyg enigiets beteken. Ek? Ek’t verveeld op my rug gelê en blokkies tel en kyk na die watervlek op jou ceiling. Soos ’nbleddie Rorschach.

Hy: Wat?

Sy: Ses-en-dertig blokkies in die ceiling, watervlek oor drie. Daai vlek … fok weet ek haat dit.

Hy: Nou’s jy net nasty. Jy kon mos gesê het.

Sy: Ek sê dan nou. Besides, wat sal dit gehelp het? Jy spyker net harder. Dis mos wat julle doen. Fix ’nprobleem met more of the same.

Hy: Dis glad nie … is jy dronk?

Sy: Miskien. In vino veritas, mos.

Hy: Ons park dit, praat wanneer jy nugter is.

Sy: Hoekom?

Hy: Want jy dink nie nou reg nie.

Sy: O, ek is te dronk om te praat? Maar nooit te dronk as jy wil spyker nie, is dit hoe dit werk?

Hy: Oukei, jy’s kwaad, I get it. Maar is bietjie out of left field, jy’t nog nooit iets gesê nie.

Sy: Want jy’s seker eintlik sweet. Is nie jy nie. Ek … ek kom amper nooit met iemand anders nie.

Hy: Amper nooit?

Sy: Ek het al.

Hy: Met?

Sy: Niemand wat jy ken nie.

Hy: O.

Sy: Wil jy weet van jou? Ek wag tot jy weg is, dan vat ek ’nspeelding. Werk elke keer.

Hy: Maar jy terg my, vryf my, lek en suig my tot op die punt waar dit voel ek kan explode. Vir wat?

Sy: Ek like om met jou te cuddle. Agterna.

Hy: Maar nie … die ander nie? Is dit … is dit oor wat met jou gebeur het?

Sy: Daai is off limits. Jy weet dit. Drop it. Drop it nou.

Hy: Ag jissis, chill. Oukei, ek drop dit. Maar ek wil weet. Jy’s dan all over my soos een wat op hitte is. What gives?

Sy: Sal jy oorkom net om te cuddle? My net vashou sonder vry, niks onder-die-klere-besigheid nie?

Hy: Jissis, jy weet hoe lus jy my maak.

Sy: Daai’s die trade-off. Jy spyker sodat ek kan cuddle. Want cuddles sonder payback is mos nooit genoeg nie.

Hy: Ek is mal oor jou, meisiekind.

Sy: Funny hoe ek daai net hoor as jou voël styf is.

Hy: Moenie kras wees nie.

Sy: Dis hoekom ek jou geblok het. Jy sien my nie. Al wat jy sien, is ’noopgespalkte lyf en ’nnice time. Ek het so gehoop … maar nie meer nie. ‘Bye.

Hy: Wag, moenie die deur … ag fok tog.

***

Stemme is supported by the National Arts Council.

Stemme is ’n Nuwe Skryfwerk-projek van LitNet en word ondersteun deur die LW Hiemstra Trust.

Al die monoloë is op hierdie blad beskikbaar:

Stemme in 2023 | Tien dialoë

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top