Hallo Jan Rap
Jy verwys na “jou kalender” ipv “die kalender “ waar jy sê jy verstaan dit nie. Lank voor my tyd en ek staan nie daarvoor pa nie. Maar dit is baie eenvoudig en ek is seker jy druk jou verkeerd uit as jy sê jy verstaan dit nie. Ek het maar net die interessantheid uitgewys dat as jy die verwerker daar gebruik jy maklik kan vasstel dat die Juliaanse Kalender wat op 1 Januarie 4713 vC ’n aanvang neem, wel ’n JD 0.0000 en JD 1.0000 het. nl 1 en 2 Januarie van die jaar 4713 vC 12:00. Ek het glad nie ’n probleem met hoe jy tel nie. As ek skaap tel begin ek ook by een. Maar my liniaal en maatband begin by nul en tyd begin ook by nul en daarom begin ’n stophorlosie vanaf nul tel. As jy met vakansie gaan stel jy jou motor se afstandmeter op nul. Tyd en afstand begin dus by nul meet en jy kan maar sê daar moet eers ’n prestasie gelewer word voor jy by 1 kom. Ek is seker jy het al lekker vinnig gekruip of selfs ’n paar treetjies gestap voor jy gekwalifiseer het om jou eerste kersie dood te blaas het. Ek kan my voorstel hoe jou ma met jou gespog het: “Hoor net hoe praat die mannetjie al en hy is nog nie eers een nie!” Daarom begin die Juliaanse kalender by nul. Dat die Westerse Kalender nie ’n jaar nul het nie, was ’n oorsig. Maar dit is nou water wat onder die brug deur is en ons moet daarmee saamleef.
Ek stem 100% saam met jou dat dit laf is om ’n boek met bladsy 0 of ’n hoofstuk 0 te begin.
Groete
Panda

