Oestyd-skryfuitdaging: Wingerd

  • 0

Wingerd

'n Korreltjie soet druif kan versuur
as 'n mens vroeg opstaan
en jou rug krom
in 'n ander man se wingerd
en die betaling is skraps
en die skoolgeld is dúúr.
'n Mens werk jouself
die ene knokkelrige wingerdstok;
ek hang my gereedskap eers maar op.
Hoe moet 'n mens op so 'n broeklapsalaris uitkom?
Ek vra jou. Maar 'n mens moet práát,
jou nie hardepan hou nie.

Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top