Trienke Laurie, die dogter van DJ Opperman en Marié van Reenen, is gebore op 10 Mei 1946. Trienke studeer Geskiedenis en Kuns aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy ook haar pa se bekende "Letterkundige Laboratorium" bywoon. Na sy haar onderwysdiploma ontvang, gee sy vir ’n jaar skool in Vredendal. In 1990 sit sy haar studies voort in Potchefstroom en behaal ’n BAHons cum laude in 1992.
Trienke Laurie het die Ingrid Jonkerprys vir haar debuut, Skietspoel, in 1997 ontvang. Daarna skryf sy ook Ek sien ’n rooi bul storm (1999) en Uitroep (2001). Sy is ook ’n bekende skilder wat reeds verskeie uitstallings gehou het.
Trienke is getroud met Dirk Laurie, 'n professor in Wiskunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Hulle het vyf seuns.
Opgedateer/Updated: 2006-10-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za