Plaasarbeidersvrou
Sarie was tagtig en teringmaer
toe sy met die natrossiefees vanjaar
tollend soos 'n oop sambreel
haar rok hoog lig
en aanhou roep:
“Kom vat my maar!”
Toe het die tandelose vrou
nog een maal in die lug getrap
die wit boer na sy moer gestuur
kort voor sy omkap en bedaar.
Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

