Oestyd-skryfuitdaging: "Kaapstad" deur Clinton V du Plessis

  • 0

Kaapstad

Die dood tik deesdae liggies, bewend, aan jou deur
nie hard of dwingend soos die
veiligheidspolisie van weleer,
(ek wonder hoe het Ashley Kriel se ma gevoel,
‘n moeder voel angs mos op ‘n ander manier,
‘n krieweling, tot in die baar);

hierdie stad met sy berg,
wat poskaartberoemd die wêreld oor pryk
met sy eiland, twaalf kilometer of so verder,
waar die melaatses, van Hemel en Aarde,
eenkant en apart moes probeer leef tot die dood,
en die land se prut-prut politieke op- en weerstand
onder die hak, tydelik, platgetrap is;

Mannenberg bloei soos ‘n etterende oop wond
af van die radar van die glansbrosjures
van Pam Golding se wonings/paleise/mansions/
Clifton te koop vir euro’s, vir dollar$;

Kaapstad, die photo opportunity van die nouveau riche;
met viskwota, perlemoen, money-laundering
en slawe van hardcore capitalism,
(Adam, die dice word nou geskommel by Grand West Casino);

hierdie stad met sy berg
word onherbergsaam;
in ‘n woonstel in Mannenberg
buk ‘n meisie tenger en klein
en raak soos ‘n kreef gewoond aan die skerp pyn:

www.virtualtourist.com waarsku die loopse toeris:

“7. Don't have sex with locals, regardless of their colour, gender or sexual persuasion. There's no sugarcoating the fact that South Africa has the highest rate of HIV infection in the world, and this virus is not a souvenir that you want to take home with you. Even if you intend to use a condom, remember that your intended partner may not be equally enthusiastic at the prospect, and could cut up nasty if you try to insist. Which brings me to my next point: disappearing off to a secluded spot with a stranger also leaves you vulnerable to rape, theft and/or murder and is simply not a sensible thing to do.”

verder buite die stadsgrense
die kelders, die opstalle, die ou geld,
die heildronke, met kristalglase,
die klassieke musiek, die verbeelde Europa,
hemel op aarde,
daar ken niemand, het niemand
al gehoor van Ashley Kriel:
hy’s uitgesny, die wilde loot; uit die wingerd,
maar sy spook skiet oral, fokken hardnekkig, saad.

Klik hier vir besonderhede oor PEN Afrikaans se Oestyd-skryfuitdaging.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top