Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2014: Tweede keurverslag van "Die engel se exhaust het aan ’n stuk draad gehang"

  • 0

Die engel se exhaust het aan ’n stuk draad gehang (Elke hond kry sy dag): Die tweede keurverslag deur Suzette Kotzé-Myburgh

 


 

Tweede verslag: Die engel se exhaust het aan ’n stuk draad gehang 

Deur die laaste deel oor die hond te skrap, is die verhaal se einde nou sterker en meer gefokus. Verder het die verhaal nie meer baie werk nodig nie, net afronding.
Ek kan sien jy het aan Antie se te formele taalgebruik gewerk, maar daar is nog ’n klompie gevalle oor. Ek merk dit met onderstreping:

  • Die openingsparagraaf: Ek was nog altyd ’n gelowige mens. Daar word gesê dat jou naam meer important as enigiets anders is, maar nie in my case nie. Stel dit meer padlangs, byvoorbeeld: Hulle sê mos jou naam is meer important as enigiets anders ...
  • Ek het al voor daardie Maandag van hierdie Jesus-man gehoor – dis ’n baie geykte stelwyse, en aangesien Suid-Afrika se mense meer as 70% Christelik is, is dit waarskynlik dat sy van kindsdag af baie goed van Jesus weet en nie maar net van hom gehoor het nie.
  • Ek het haar soms oor die muur met Mammie hoor raas dat ons so suffer omdat ons nie vir Jesus ken nie. Ek het nie regtig verstaan wat sy bedoel het nie ... – dis onnodig formeel gestel, eerder iets soos: Ek het gedink dis sommer nonsens, want ons het overall nie baie mense geken nie. 
  • Maar daardie dag in die skoolsaal[voeg dit by om die wisseling in tyd duidelik te maak] het iets in die man se Jesus-praatjies my geraak. – te formeel, stel dit eenvoudiger.
  • ... met die LP by ons huis opgedaag. – wat van bloot aangekom?
  • ... by die dorpsbiblioteek in Carletonville – maak dit bloot biblioteek.
  • ... so het daai Gideonman ook iets in my kom wakker maak – weer die geykte stelwyse, wat van Bybelman?
  • ...’n pad begin loop met die Jesus-man – ditto, maak dit bloot: saam met Jesus
  • ... weet ek dat Hy hierdie ou sondaar vergewe en steeds liefhet – dit klink so traktaatjierig, skrap liewer?
  • Maar ek’s besig om te vertel van my wat ’n gelowige mens is – maar dit eerder net: van my geloof in die Here.

Iets anders waarop jy kan let, is onnodige stellings (overstatement). Die onderstreepte kan jy gerus skrap, die verhaal het dit nie nodig nie:

  • Geld het ek nie. Eintlik nog nooit gehad nie.
  • ... want dan gee hulle my darem bietjie discount op die huur van die buitekamer
  • Meubels is daar maar min in my kamer. Ek het nie baie nie. – dis ’n vorm van toutologie, maak dit eerder: Meubels is daar maar min in my kamer, ek het nie baie goed nie.
  • Al die pad wat ek terugloop plot toe, tjank ek – snot en trane. In my buitekamer was daar luckily nog ’n ou lekseltjie Klippies oor. Ek het by die ousie wat in die groothuis werk ... – ek stel die volgende veranderinge voor: Al die pad wat ek terugloop huis toe, tjank ek – snot en trane. In my kamer was daar luckily nog ’n ou lekseltjie Klippies oor. Ek het by die ousie wat in die groothuis werk ... – skrap die onderstreepte
  • ... toe sy skielik ’n wilde draai oor die pad kap, en sommer net daar ’n U-turn maak – dis toutologies (en ook maar geyk), skrap die onderstreepte.
  • Ek realize toe dat ek nie eers haar naam gevra het nie. Waarheen is sy op pad en wat het sy gaan doen? Hoekom kom sy terug? Sal sy ooit terugkom? – onnodig, skrap

’n Paar algemene dinge:

  • ... vir Buks, een van die mans hier op die plotte – wees spesifiek: wat is kenmerkend van hom? Almal ken mekaar in so ’n omgewing.
  • suède-sitplekke – sal so ’n tipe kar egte leersitplekke hê?
  • Verandering van tydsvorm: Soos Tollie wat uithelp by die pawnshop – vertel die storie van hier af verder in die historiese presens, dis veel meer onmiddellik.
  • “Die Here voorsien,” sê sy, knipoog vir my, en klim terug in haar kar en spin daar weg. – hierdie cliché moet weg, jy kan beter doen. Ek stel voor: “Die Here voorsien,” sê sy. Toe draai sy net daar om, klim terug in haar kar en spin daar weg.
  • En dis net daar wat ek op my knieë gaan en die Here dank vir die engel wat hy vir my gestuur het. My dyke van ’n engel in die fucked up rooi kar.– ek sou die onderstreepte skrap, dis net ’n ietsie neerbuigend.  
  • Die nuwe titel – ek meen dis veels te lank en lomp. Wat van net: Engel in ’n fucked-up kar? Dis dan hergebruik van die huidige slotsin. 

 


 

Lees die tweede weergawe: "Die engel se exhaust het aan ’n stuk draad gehang (Elke hond kry sy dag)"

Lees die eerste weergawe: "Die engel se exhaust het aan ’n stuk draad gehang (Elke hond kry sy dag)"

Lees die eerste keurverslag oor "Die engel se exhaust het aan ’n stuk draad gehang (Elke hond kry sy dag)"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top