Nuwe Stories 2013-onderhoud: Harry Kalmer

  • 0

Hoe het jy begin (kortverhale) skryf – van waar die inspirasie? Wat was jou eerste gepubliseerde storie en waar het dié verskyn?

Ek het een middag in 1978 wakker geword met twee stories in my kop en hulle al twee neergeskryf. Jare later het ek dit weer opgespoor. Dit was baie kort, maar het ’n begin, ’n middel en ’n einde gehad, asook ’n stem wat baie soos my latere skrywerstem klink. My eerste gepubliseerde storie, “Die man wat deur ’n opblaasmatras vermoor is”, is in 1982 deur Elize Botha in Tydskrif vir letterkunde publiseer.

Hoe sien die literêre landskap vandag daar uit wat kortverhale aanbetref? Wat het verander sedert jou dae as jong of aspirantskrywer?

Die Afrikaanse uitgewersbedryf is tans genre-behep, en kortverhale wat oorleef, kan nie noodwendig resepmatig geskryf word nie.

Hoe vergelyk die destydse publikasieproses met vandag se digitale omgewing?

Die politieke bestel en die internet. Die internet met sy onversadigbare lus vir kort stukke teks bied baie geleenthede, maar ‘n gebrek aan redaksionele vaardighede en kuratoriale beheer op die meeste ruimtes skep ander probleme.

Wat is vir jou die kenmerkende eienskap(pe) wat kortverhale van ander skryfvorme onderskei?

Lengte.

Wat is die beste skryfraad wat jy ooit ontvang het, of die grootste slaggat wat skrywers (van kortverhale) moet vermy?

Moenie te haastig wees om jou werk vir ander te wys nie.

Het jy enige mentors in die vorm van mens of boek (gehad)?

Die lees van goeie boeke en goeie (veral The Paris Review) skrywersonderhoude.

Wat is volgens jou die beste kortverhaal?

Die kortverhale van Hennie Aucamp, AS Byatt, Julian Barnes, Jorges Luis Borges, Raymond Carver en vele ander het my al baie genot verskaf. Onlangs het SJ Naudé my beïndruk.

Hoe lyk jou eie skryfroetine/skryfgebooie?

Gaan sit en skryf (as jy iets het om te sê).

Klik hier vir Harry Kalmer se profiel in die ATKV-Skrywersalbum.

Klik hier vir nog inligting oor die Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013. 

Klik hier vir die kortlys.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter




Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top