Nuwe boeke by LAPA gedurende Februarie 2015!

  • 0

 
LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Februarie.


Goue Dagbreek
Bets Smith
ISBN: 9780799372595

’n Vroulike spioen en ’n manlike dubbelagent: Die oorlog en Gordon Fraser veroorsaak ’n oënskynlik onoorbrugbare kloof tussen Catriona en Rudolf Dreyer. Waar daar kort gelede nog liefde was, lees Catriona haat, afkeer en veragting in sy oë. Hy glo sy was vir sy twee broers se teregstelling verantwoordelik en sy kan hom nie bereik om hom van die teendeel te oortuig nie.

As Rooikruisverpleegster deurkruis sy die Boererepublieke in die ambulanstrein op soek na hom, in die hoop dat sy hom sal raakloop en van haar onskuld kan oortuig, maar toe dit wel gebeur, vertel sy oë haar hy vermoed sy gaan hom weer eens verraai.

Sy ontdek hy het Rudolf Dreyer diep weggebêre. Hy is nou Ben van den Berg, skerpskutter vir generaal Botha en soms kaptein Ben Sutherland, Kakie-offisier. Vir Catriona hou hy hom blind en doof, want Trevor Carruthers, haar pa se handlanger en regterhand is ’n immer teenwoordige faktor waarmee rekening gehou moet word.

Toe hulle paaie onverwags begin saamloop, kry sy ’n tweede kans. Deur haar bedrywighede as spioen vir die Boeresaak stel Catriona haar lewe in gevaar en sy hoop dit sal hom van haar lojaliteit verseker. Die oorlog moet egter eers vele kronkelpaaie met hulle lewens loop voor sy hom kan oortuig dat sy enigiets vir hul liefde sal doen.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Goue dagbreek nou van Kalahari.com!


Jy Is Myne Alleen
Petronel Louw
ISBN: 9780799372502

Anien vlug Bergoord toe ná ’n liefdesteleurstelling. Daar spat die vonke tussen haar en Theo. Hulle besluit om te trou, maar selfs ’n huwelik keer Della nie om Theo te probeer verlei nie.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Jy is myne alleen nou van Kalahari.com!


Kodenaam Icarus
Henk Breytenbach
ISBN: 9780799372625

Wat het geword van daardie ou apartheidspioene?

Vic Nel wou net ’n normale lewe lei, maar die laaste dae van die apartheidsregering het hom opgesaal met ’n klomp onsmaaklikhede wat sy gesin verwoes het, dinge waarvoor hy nooit om amnestie gaan pleit het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie nie. Twintig jaar later verkeer hy in ’n staat van anonimiteit. Hy werk tans as gehuurde spiere vir enigiemand wat kontant betaal en nie vrae vra nie.

Dan verskyn Vic op die radar van sy vorige betaalmeester, die laaste apartheidsdirekteur van Nasionale Intelligensie. Vic moet hóm help om iemand op te spoor wat oor inligting beskik rakende die verdwyning van die Helderberg, daardie SAL Boeing 747 wat net verdwyn het.

Ongelukkig vir die huidige regering is hierdie inligting verdoemend vir ’n klompie mense in die ANC; maar dit is ongelukkig vir Vic Nel ook, want nou wil meer as een persoon hom óók dood hê.

Wat het geword van daardie ou spioene, die manne wat ryk geword het uit die vorige bedeling se intelligensiedienste?
Hierdie opwindende debuut boek gaan krap so ’n bietjie rond en kom met ongemaklike antwoorde vorendag.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kodenaam Icarus nou van Kalahari.com!


Kom hier, Karnallie!
Jenny Oldfield, vertaal deur Jaco Jacobs
ISBN: 9780799366891

“Ek glo dit nie!” sê Vicki en haar mond val oop.
“Wow!” fluister Tessa. Sy herken ook die seuns.
“Dis...” sis Vicki uit die hoek van haar mond.
“Ek weet!” sê Tessa.

Daar is geen twyfel nie. Hulle het so pas vir Rian, Lukas, Christo en Sheldon raakgeloop. Die vier lede van Warrelwind.
Lukas, wil sy Jack Russell, Karnallie, vir die plaaslike hondeskou inskryf. Maar Karnallie is ’n ondeunde klein kalant – en hy is baie ongehoorsaam! Hy gaan beslis chaos by die skou veroorsaak.

Wat meer is, Lukas toer die hele tyd. Hoe kan hy na Karnallie kyk?

Vicki en Tessa belowe om te help.

Sal hulle Karnallie betyds kan afrig?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kom hier, Karnallie nou van Kalahari.com!


Middernagminnaar
Dina Botha
ISBN: 9780799372472

Mikayla Schutte verstaan nie hoe enige vrou alles in haar lewe kan opgee ter wille van ’n man nie. Tot sy Alain Khalifa in Aboe Dhabi ontmoet, en hy al haar vooropgestelde idees laat verkrummel.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Middernagminnaar nou van Kalahari.com!


Mooi so, Toffie!
Jenny Oldfield, vertaal deur Jaco Jacobs
ISBN: 9780799366907

Karnallie was ’n reusesukses met daardie klein lyfie van hom.

Nou is daar sommer baie werk vir Vicki en Tessa. Hulle agentskap, Modderspore, bars uit sy nate.

Woelige honde, siek katte, vet marmotte en stoute hamsters, niks is te groot of te klein vir Modderspore nie.
Toffie is ’n skugter vulletjie wie se ma dood is. Vicki en Tessa maak versigtig vriende met die perdjie, maar net toe hulle vordering begin maak, vind hulle uit dat Toffie dalk binnekort weggeneem gaan word. Hoe gaan die meisies Toffie se eienaars oortuig om haar te laat bly?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Mooi so, Toffie! nou van Kalahari.com!


My ouma is ’n filmster
Jaco Jacobs
ISBN: 9780799367195

Ja, Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Dit maak ook dat mense haar raaksien. Rikus en Puleng moes al bontstaan om sy ouma van ’n skurk te red.

Die trefferliedjie “Superkoel Kleinsus” is juis geskryf ná Rikus en Puleng haar die vorige keer gered het. Nou is sy ouma behoorlik bekend.

Een oggend staan dit in die koerant: Hierdie hiperkoel ouma gaan nou ’n filmster word! Sy het die rol in Opskop! voor Penny Pinkerton se neus weggeraap.

’n Filmstel kan soms ’n gevaarlike plek wees ... Sal Rikus uit die kloue van ’n gevaarlike skurk kan ontsnap – en sy Ouma se loopbaan as rolprentster red?

Klik hier en koop jou eksemplaar van My ouma is 'n filmster nou van Kalahari.com!


Prof Fungus en die Breindrein-Eksperiment
Jaco Jacobs
ISBN: 9780799372656

Bennie en Jenny is baie opgewonde toe hulle uitvind professor Fungus het ’n prys gewen. Hulle kan nie wag om saam met hom na die oorhandiging te gaan nie, maar iets is nie pluis nie: Waarom tree mense by die wetenskap-ekspo skielik so vreemd op? En wat gaan met die stad se toilette aan?

Klik hier en koop jou eksemplaar van Professor Fungus en die BreinDrein-eksperiment nou van Kalahari.com!


Prof Fungus en die Jelliemonsters van Mars (Boek 7)
Jaco Jacobs
ISBN: 9780799371147

Beny en Jenny se pa en ma gaan ballet kyk.

Ongelukkig het hulle ma aangedring dat daar ’n oppasser moet wees om na hulle te kyk.

Gelukkig het dié oppasser ’n robot en ’n troetelkonyn!

Dis reg, die oppasser is hulle ma se neef, Professor Fungus.

En raai wat bring hy met hom saam? ’n Toestel wat boodskappe tot in die ruimte kan stuur! Bennie en Jenny dink dis ’n BRILJANTE idee! Hulle kan nie wag om professor Fungus se nuutste uitvinding te toets nie. Maar dan kry hulle ’n nare verassing uit die buitenste ruim ...


Sonskynmeisie
Serena Steyn
ISBN: 9780799372489

Shevonne besef dat sy haar jeugvriend Martin liefhet, maar het hom reeds vertel dat die mediakroonprins Dieter Elliott haar droomman is. Martin neem haar daarom nie ernstig op nie, al is daar ’n vonk tussen hulle.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Sonskynmeisie nou van Kalahari.com!


Sy Hart Se Punt
Ida Bester
ISBN: 9780799372496

Suné en haar swaer is mede-erfgename van haar skoonouers se plaas buite Dullstroom. Hy was haar jeugliefde, maar is onverwags met iemand anders getroud. Daarom wil sy die plaas vinnig verkoop hê. Maar Armand het ander planne ...

Klik hier en koop jou eksemplaar van Sy hart se punt nou van Kalahari.com!


Uitpakkos
Hilda Lategan
ISBN: 9780799370089

Vergeet die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, vinnige aandetes, vir piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

'n Gesonde ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Swak eetgewoontes kan jou eindelik siek – of sieklik – maak. Oorweeg gerus gesonder voedselkeuses ter wille van die instandhouding van jou liggaam en goeie gesondheid!

Uitpakkos sal hopelik 'n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken 'n besige lewe dat 'n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Uitpakkos nou van Kalahari.com!

Besoek LAPA se webtuiste hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top