Die nuwe BSV-bestuur, wat vir 2015 aan die stuur van BSV-sake sal staan, is tydens die jaarlikse algemene jaarvergadering en afsluiting, wat op 13 November plaasgevind het, verkies:
Voor, van links na regs: Dr Douwlina du Plessis (Ondervoorsitter), Corlietha Swart (Voorsitter) en Lelani Fourie (Tesourier/sekretaresse).
Agter, van links na regs: Karen van Vuuren, Joe Mynhardt en Ronelle Meyer (bestuurslede).
Die nuwe BSV-jaar beloof weer om vele hoogtepunte op te lewer, met die landswye skryfwedstryd wat weer geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, asook die Nasionale BSV-Slypskool op Saterdag, 22 Augustus 2015, met die uiters gewilde spanningskrywer, Deon Meyer, as BSV-Slypskoolaanbieder 2015!
Omkring gerus nou reeds hierdie slypskooldatum rooi op die kalender, want die beskikbare plekke gaan vlieg! Hou ook gerus die BSV-webwerf dop vir die Skryfwedstrydpamflet met onderwerpe – weens veranderde skolesillabusse gaan ons in 2014 reeds vroeg die skryfwedstrydonderwerpe vir 2015 se skryfwedstryd bekendmaak.
Lekker skryf oor Desember!

