Nuut by Tafelberg: Nina-omnibus: Die awesome speurklub deur Elizbè Van der Colff en Chris Venter

  • 0

Die omnibus bevat drie avonture waarin beste vriendinne Nina en Jessie die misterieuse swart-en-rooi pet inspan om hulle met speurwerk te help. Waar kom die kopluise vandaan waarmee almal in Laerskool Tierkop skielik sukkel? Hoekom is die koeldrankfabriek so gretig om hulle nuwe energiedrankie aan die skool te skenk? En sal die slim mense by die Eksotiese Eksperimente Ekspo uiteindelik Nina se vrae oor die pet se spesiale kragte kan opklaar?
 
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.
 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top