
Wat dryf ’n beeldskone jong ma van drie daartoe om haar man wreed te laat vermoor? Waarom wou Suretha Brits só graag van haar Leon ontslae raak?
Danksy inligting uit die binnekring van vriende, familie en mense ná aan die polisie-ondersoek, sit die joernalis Charné Kemp die stukkies van die legkaart bymekaar en vertel die volle verhaal van die opspraakwekkende huurmoord op die geliefde Pofadder-hotelbaas.
’n Boeiende waremisdaadverhaal wat draai om geld, diamante, Krugerrande, seks en verraad.
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.
Hier is jou naaste tak van Bargain Books
As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.


