
Tussen Herk Hamman, buite-egtelike slawekind, en Erika Hamman, suksesvolle sakevrou, lê ses geslagte oor amper tweehonderd jaar – van 1800 tot 1992. Dat hierdie loot van die Hammans staande gebly het, is grootliks te danke aan Ysterklou Beperk. In dié maatskappy is die familie se belange oor die geslagte versamel, bewaar en uitgebou – en op sy beurt beskerm Ysterklou hulle. Dit is nie altyd ’n mooi storie nie.

