Nuut by Protea: Krygsgevangenekuns in die Anglo-Boereoorlog deur Vicky Heunis

  • 0

Heelwat is al oor die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) geskryf. Tog is daar slegs enkele publikasies wat handel oor die tema van die kuns wat deur Boerekrygsgevangenes vervaardig is. In hierdie boek word die onderwerp van krygsgevangenekuns deur middel van ’n kultuurhistoriese perspektief benader deur breedvoerig uit te brei op die motiverings waarom dit vervaardig is, die gereedskap waarmee en beskikbare roumateriaal waarvan dit vervaardig is, die spesialisvakmanne wat verantwoordelik was vir die vervaardiging daarvan, watter tipe voorwerpe gemaak is, die simboliek en inherente betekenis wat die voorwerpe ingehou het asook die verspreiding en vestiging van afsetgebiede vir die verkoop en uitstalling van Boerekrygsgevangenekuns. 

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top