
Hierdie toneelstuk is gebaseer op die tragiese verhaal van Joshlin Smith, die sesjarige meisie wat in Februarie 2024 geheimsinnig buite haar huis in Saldanhabaai verdwyn het en nog steeds nie gevind is nie. Haar ma is skuldig bevind aan ontvoering en handel in haar en is saam met haar twee medepligtiges tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Nota van die outeur: Die drama poog nie om bloot die werklikheid rondom die lewe en verdwyning van Joshlin Smith te weerspieël nie. Dit poog om soveel as moontlik ruimte vir besinning en aksie te skep.

