Nuut by Protea: Die Swart Kat slaan staal deur Chris Sasner

  • 0

Soos ’n skaduwee bly die Swart Kat op die spoor van misdadigers in Suid-Afrika. Die woord “genade” bestaan nie in sy woordeskat nie. Hy is vinniger as die pik van ’n mamba, geruisloser as ’n arend, so sterk soos ’n bees en so onverskrokke soos ’n ratel! In hierdie reeks avonture trek die Swart Kat vir ’n laaste keer berugte kriminele plat: hy meet kragte teen ’n sterkman wat juwele steel, trap ’n sluwe fietsdiefstalsindikaat vas en ontmasker ’n spul skurke wat geldnote vervals. En hierdie keer sal almal uiteindelik weet die Swart Kat het toegeslaan! Dié avonture is die nuutste en ook die heel laaste in Die Swart Kat-reeks.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top