Nuut by Protea: Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson en Axel Scheffler

  • 0

Vertaal deur Jaco Jacobs

Op ’n verre planeet ontmoet twee jong ruimtewesens mekaar – en raak dolverlief. Maar Fleur is ’n Smooi en Fanie is ’n Smou. En almal weet Smooie en Smoue kan nie maats wees nie. Wat sal hulle families doen as hulle uitvind wat aangaan? Die Goorgomgaai-skeppers Julia Donaldson en Axel Scheffler gooi ’n draai ver buite ons planeet met dié prettige storie oor twee verliefde ruimtewesens. Maak jou gereed vir sprankelende rym, skreeusnaakse illustrasies – en ’n romantiese storie uit die buitenste ruimte.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top