
Vertaal deur Kobus Geldenhuys
Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in pikdonkerte gehul. Prins Albert, ’n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Maar nou gebeur daar vreemde dinge tussen die mure van die paleis – en Alfred se lewe gaan vir ewig verander. Snags dwaal daar iets gruweliks in die gange rond. Wanneer Alfred se geliefde ma, die koningin, na die Londense Tower weggesleep word, moet die seun al sy moed bymekaarskraap om op ’n epiese avontuur te gaan sodat hy haar – en die hele wêreld – kan red. Reis vooruit in tyd en geniet hierdie fantastiese avontuur – ’n storie vol mites en legendes wat jou tot reg aan die boeiende einde vasgenael sal hou.

