
Emile Joubert is sy lewe lank ’n kosgenieter. Op sesjarige ouderdom het sy ouma se kerrie ’n groot indruk op hom gemaak en van daar af was hy ’n onkeerbare smulpaap en het kos hom betower – of dit nou die skoolmaaltye in sy kortstondige verblyf in Londen was, die honger en dors in die weermag, of die seekos wat hy uitgeduik het. Joubert se kosobsessies word lewend in sy lekker skryfstyl in die oortreffende trap. Sy kosreise strek van Londen tot Griekeland, Italië, Frankryk en die dorre landskap van Angola. Die Mars bar, fondue, baked beans, oesters en boeliebief is enkele van die kossoorte wat sy reise vergesel.
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.
Hier is jou naaste tak van Bargain Books
As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.


