Nuut by Protea Boekhuis: Kom ons loop weg deur Erika Murray-Theron

  • 0

In 2001 verander Erika Murray-Theron se lewe onherroeplik toe haar man, Tom, met Parkinsonsiekte gediagnoseer word. Erika begin haar vertelling eers in 2011, toe Tom in ’n meer gevorderde stadium van die siekte verkeer. Dit is die rou optekening van saamleef met ’n geliefde met Parkinsonsiekte: die ervaring van die fisieke en intellektuele aftakeling van jou lewensmaat, die fisieke eise wat met die versorging van so iemand gepaard gaan, en die emosionele inspanning wat dit kos om jouself te staal teen dramatiese en stadige verlies.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top