Nuut by Protea Boekhuis: Hou die kruit droog deur C Johan Bakkes

  • 0

C Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale soos NorrevøkMoertoe die vreemde inNou’s ons in ons donner in en Erfgeld is swerfgeld. Hierdie boek bevat sy roerende, inspirerende en vreksnaakse Facebook-plasings in inperkingstyd, toe hy gereeld vir sy lesers gevra het om hul kruit droog te hou. Saam met foto’s uit sy albums en lekker filosofiese, snaakse brokke uit sy vorige boeke word dit so persoonlik soos ’n kuier om ’n hardekoolvuur. Die kwasterige Bakkes tree in al sy grinterige glorie na vore.

Dis ’n dol reis vol humor en deernis.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top