Dwarstrekkers, nonkonformiste, buitestanders, randeiers ... Noem hulle wat jy wil, maar Suid-Afrika het meer as sy deel eksentrieke karakters opgelewer wat mense toentertyd na hul asem laat snak of verstom agter hul hand laat fluister het. Hierdie uitsonderlike mense het hul merk gemaak op vele terreine. Dis hulle wat Daniël Lötter aan ’n nuwe geslag weetgierige lesers bekendstel.