Nuut by Protea Boekhuis: Die beste kinderverse van Tienie Holloway, saamgestel deur Wendy Maartens

  • 0

Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway se verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood!

Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top