Nuut by Naledi: Weerkaats deur Esté Gross

  • 1

Ons dink dikwels dat die diepere betekenis van die lewe iewers ver, byna op ’n mitiese bestemming wag om eendag aan ons geopenbaar te word. Maar sien ons die ewigheidswaarde, mekaar se werklikhede en menslikheid in die alledaagse gebeure wat om ons afspeel raak? Of bly dit bloot ’n weerkaatsing van waarhede, antwoorde op ons diepste vrae, wat ons stil en ongesiens verbygaan?

Die skrywer vra die leser deurlopend om fyner en dieper te kyk na dit wat soms soos niksseggende en vlietende oomblikke kan lyk. Watter waarhede sal ons sien in die oomblikke wanneer die lewe homself in die alledaagse aan ons openbaar?

Weerkaats is ’n keur van rubrieke wat van 2017 tot 2023 op Netwerk24 en in Beeld verskyn het. In die rubrieke neem Esté Gross jou saam op ’n unieke reis uit die perspektief van ’n nuusleser, joernalis, sangeres en liedjieskrywer, en bloot as mens met haar eie daaglikse vraagstukke.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top