
Pieter Hugo se tweede digbundel, Vryval, speel met die veelheid van betekenisse opgesluit in die titel. Die vreugde en pyn van die lewe, die onafwendbaarheid van die finale val. Die lewe as ’n poging tot balans tussen vry wees en val. Die onderliggende speelsheid, met woorde en die lewe, some soet, soms wrang, vind neerslag in die meeste gedigte.
Sy debuutbundel, Alchemie van my muse, het in 2019 by Naledi verskyn en het verskeie positiewe resensies ontvang.
Soos in sy debuutbundel, werk hy met formele digvorme, vrye verse en visuele gedigte.
Van die gedigte in hierdie bundel het reeds in verskeie bloemlesings verskyn.

