
Die titel verwys na ’n tipiese vrugbeginsel van ’n plant. Die vrugbeginsel sit in die hart van die blom en daaruit ontwikkel die vrug wat uiteindelik ryp word en weer saad voortbring. ’n Gedig kan die begin van ’n vrug vir die leser wees – ’n vrug van verbeelding, van ’n beter soort verstaan van die wêreld om jou.

