Nuut by Naledi: Tussen asem deur Hannes Visser

  • 0

In sy tweede digbundel, tussen asem, besoek die digter die gedagte dat die heel eerste asem van ’n lewe die begin van die heel laaste asem is. Tussen die eerste en laaste asem is ’n reis wat onderneem word.

Sy debuutbundel met gestroopte verse Die jaar toe pa … het in 2019 verskyn, positiewe resensies ontvang, is herdruk en in 2022 heruitgegee. Van die plekke en mense wat in Die jaar toe pa … voorgekom het, word ook in sommige gedigte in die nuwe bundel herbesoek.

Die bundel is in drie dele verdeel te wete, Eerste asem, Asemhaal en Laaste asem waarin die digter besin oor kwessies soos verlies, vreugde, geboorte, dood en ander alledaagse dinge wat deel is van elke mens se asemhaal wat tussen ander se asems plaasvind.

Gedigte wat in hierdie bundel verskyn, is oor ’n lang tydperk geskryf en geskaaf; sommiges het reeds gestalte gekry voor die verskyning van Die jaar toe pa … Van hulle het in bloemlesings en op poësieplatforms verskyn voordat hulle vir die nuwe bundel verwerk of herskryf is.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top